Groete uit Plovdiv

Wat kan op dees aarde nou lekkerder wees as die gevoel wat mens kry by die aanskoue van ‘n handgeskrewe adres op ‘n gekleurde koevert! Ons het so ver vooruit gebeur met ontwikkeling op die vlak van tegnologie, en tog, wanneer daar ‘n handgeskrewe briefie in jou posbus verskyn, dan omvou dit jou hart met…

Wat is in ‘n datum?

Die opwinding van nog ‘n Kersfees se kom en gaan lê vlak in die onlangse verlede. Dit was sommer nou die dag en voor ons ons oë kan uitvee, is ons weer daar met al die gepaardgaande opwinding, geheimhouding en haarfyn beplanning. Alhoewel Kersfees een van die hoogtepunte is op die Christelike kalender, is dit…

Suikersoet verleiding

Koshuisdae lank gelede laat my altyd met heimweë. Daar is soveel dinge wat my as mens gevorm het waarvoor ek ontsettend dankbaar is. As kind was daar soveel sorgvrye oomblikke in my verlede. Kinders maak absoluut staat op die leiding en opinies van figure met outoriteit in hulle jong lewens. ‘n Jong brein en psige…

1984

Ek staar na ‘n rekenaarskerm voor my. Hopelik kan die ding nie terugstaar na my nie. Die indringer loergaatjie-ogie is toegeplak met ‘n stukkie swart maskeerband. Die wete dat dit deur my toedoen is, gee my so ‘n sadistiese lekkerkry gevoel! Pê wê, kry vir jou! Dit sus so ‘n klein bietjie. Die wete dat…